Wat is jy, Kartoffel?
160,00 160,00 160.0 ZAR
"Wat is jy, Kartoffel?" wil al die diere op die strand weet.
Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie! Is hy dalk 'n... wollie... of 'n... waffel... of 'n woffel?

Gelukkig is die diere vriendelik. Maar toe daar 'n rooijakkals aan hom begin ruik, wens Kartoffel sy ma wil kom help met al die vrae...
Oor jou dooie liggaam
320,00 320,00 320.0 ZAR
Hoe kleiner die plek, hie groter sy geheime.

Lekespeurder, Ludo Labuschagne sit saam met 'n vriendin af na die Overberg. Nie lank nie, of mense verdwyn daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke...

Die spanning kring gou uit. Daar is aanvalle en afpersing, met dalk 'n bekende blik agter die gemoedelike plattelandse glimlag.

Kan die bose vastrapplek in so 'n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?
Die duiwel maak my hart so seer
320,00 320,00 320.0 ZAR
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie

Dis 1981 em die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte - maar het reeds met 'n kind se dood begin.

Dis 'n hartseer saak. 'n Saak van gebed. En dit is 'n saak vir Ludo Labuschagne, die antiheld (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag...
Wonderlike ware dierestories
220,00 220,00 220.0 ZAR
Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het.
Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete.
Ontmoet Max, die gorilla wat 'n skurk vasgetrek het.
En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wêreldoorlog geïnspireer het.

Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 stories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons geveerde en vierpotige vriende laat kyk.
Ben en die boelies
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die Koen-tweeling maak hom bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit bang hoef te wees as Jesus by hom is nie. Ben ontdek dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.
Bollie: Somervakansie
200,00 200,00 200.0 ZAR
Jippie, dit is somervakansie!
Wat gaan jy doen? Lekker in die see swem? Kamp en baie roomys eet?
Hierdie vakansieboek kan jy oral saam met jou neem.
Dit is propvol raaisels, stories en aktiwiteite!
Boeliebief: 7 snaakse stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Wat doen 'n mens met duisend blikkies boeliebief?
Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal?
Hoe lyk 'n verliefde volstruis?
Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang?

Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag!
Nagmusiek: 7 spokerige stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Is die grillerige stories oor Kamp Kiepersol waar?
Kan party katte spoke sien?
Wat doen die vreemde gedaante op stormnagte by Bitterwater se brug?
Kan dit spook in 'n pophuis?

Die sewe spokerige stories in hierdie boek sal jou lekker laat ril en gril!
Stophorlosie: 7 stories oor sport
100,00 100,00 100.0 ZAR
Kan 'n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red?
Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tyd vir soveel sportsoorte as moontlik?
Kan 'n klomp vrot perskes die begin van 'n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat sewe sportstories wat jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!
Vroteier: 7 stink stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Kan 'n hond se stink talent die wêreld red?
Het jy al 'n stuk bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom?
Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland?
Sal jy 'n hele rugbyspan se vuil kouse was?

Hierdie boek bevat sewe stink stories. So, druk toe jou neus voor jy begin lees!
Wurmpastei: 7 slymerige stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Hoe voel dit om kaalvoet op 'n padda te trap?
Wat ruik erger as 'n vrot eier?
Hoe smaak 'n erdwurm-smoothie?
Wat moet jy doen as jou hond 'n duur geskenk insluk?

Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!
Stink Sokkies
130,00 130,00 130.0 ZAR
Ben het 'b probleem. 'n STINK probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak... en dit ruik kort voor lank AAKLIG! Van die kinders op die kamp begin hom terg.

Gelukkig het sy beste maat 'n BRILJANTE plan...
Dit is nie 'n boek nie
300,00 300,00 300.0 ZAR
Hierdie boek bevat 'n rympie vir elke dag van die jaar!

"Dit is nie 'n boek nie...
dis 'n avontuur,
'n lag per dag,
'n sirkus,
'n wipwarit,
'n towertapyt!"

Vertrek saam met Jaco Jacobs op 'n prettige rympiereis in dié bielie van 'n bundel propvol skaterlagrympies.
Ek wil nou nie snaaks wees nie
140,00 140,00 140.0 ZAR
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?
Kan jy die alfabet van A tot Z burp?
Kruip daar 'n wurm in hierdie boek weg?
Waarom is dit 'n slegte idee om jou toonnaels te kou?
Wat is die moelikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van JACO JACOBS!

Meer as 60 RYMPIES wat gewaarborg is om jou LAGSPIERE hope oefening te gee.

BRILJANT VIR EISTEDDFODS!

BONUS! Leer hoe om enige rympie perfek onder water op te sê!
Moenie die melk vergeet nie
160,00 160,00 160.0 ZAR
Mila en Pappa gaan winkel toe.
Dit lei tot fantastiese avonture.
Maar sal hulle die belangrikste ding onthou?