Trippel die Trapsoetjies
90,00 90,00 90.0 ZAR
Trippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie. Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat. Hy is spesiaal omdat hy anders is. Nou hou Trippel van homself net soos hy is.

Ouers, onderwysers en terapeute kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om met 'n vertroueling te praat oor hulle emosies. Kinders leer ook om dit wat hulle uniek en anders maak, te aanvaar en vir hulleself lief te wees.
Trippel maak maats
90,00 90,00 90.0 ZAR
Trippel ontmoet twee nuwe maats wat sy hulp nodig het - 'n verdwaalde parkiet en 'n eensame ou apie. Saam met hulle leer hy om sy vrese en uitdagings aan te durf en dapper te wees. Hy ontdek dis lekker om vriendelik te wees en ander te help.

Ouers, onderwysers en terapeute kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om hulp te vra wanneer hulle dit nodig het. Kinders leer ook om vriendelik en behulpsaam te wees wanneer ander hulp benodig. So is dit mos makliker om maats te maak!
My Klein Bybel & Gebedeboekie
140,00 140,00 140.0 ZAR
"My Klein Bybel en Gebedeboekie" bevat van die mees geliefde Bybelverhale van alle tye. Elke pragtig-geïllustreerde storie word vergesel deur 'n gebed uit die Psalms. Hierdie Bybel gee vir klein kindertjies 'n liefde vir God se Woord en leer hulle van kleins af hoe om te bid.
Klassieke Storie-Bybel
300,00 300,00 300.0 ZAR
Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder;
Hy sal die lammers in sy arm
vergader en aan sy bors dra;
die lammerooie sal Hy saggies lei.
Jesaja 40:11

Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige "Klassieke Storiebybel" vir kinders. Die "Klassieke Storiebybel" sluit verhale van die belangrikste gebeurtenisse van die Christelike geloof in. Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese besonderhede 57 van die belangrikste Bybelse gebeurtenisse uit. Die illustrasies skep 'n kontekstuele rekonstruksie van die wêreld van die Bybel wat kinders help om die boodskap van die Bybel beter te verstaan. Hierdie kinderbybel sal in die jare wat kom 'n groot gunsteling onder kinders en families bly.
Dawie Duif: Oliebol-Speurder
100,00 100,00 100.0 ZAR
Dawie Duif droom daarvan om 'n groot speurder soos sy oupagrootjie te wees. Maar om misdaad op te los is nie so maklik nie. Nadat Dawie 'n dief laat wegkom en per ongeluk die bewyse opeet, gee hy byna op. Maar dan word hy en sy maat, Muis, 'n tweede kans gegun. Sal hulle al die raaisels kan oplos?
Die Spooktrein
100,00 100,00 100.0 ZAR
Dirk is mal oor treine. Wanneer hy en sy ma by 'n ou stasiehuis intrek, is dit 'n droom wat waar word! Hy is selfs meer verbaas toe 'n antieke treinsinjaal een nag flikker en begin lewe kry... en 'n spookagtige trein verby sy venster stoom. Waarheen is dit op pad? En nog belangriker, sal dit ooit lank genoeg stop vir Dirk om uit te vind?
Oulike Stories vir Slaaptyd: Deel 1
120,00 120,00 120.0 ZAR
Klaas Vakie het verdwyn - die kindertjies slaap nie meer nie! Gaan soek hom saam met jou kleinding en ontdek dat drome soms werklik waar word...

Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories!
Oulike Stories vir Slaaptyd: Deel 2
120,00 120,00 120.0 ZAR
Buksie ontdek 'n wonderwêreld in stories, dis soos 'n regte droom! Kom ontmoet Bangjan die bang dinosourus en geniet stories saam met jou kleuter - net om slaaptyd bietjie uit te rek...

Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories!
Die Ander Dogter
260,00 260,00 260.0 ZAR
Annie Ernaux (1940 - ) vind op tienjarige ouderdom uit dat sy 'n ouer suster gehad het. Dit is egter eers wanneer die uitgewer Claire Debru haar nooi om by te dra tot 'n versameling "fiktiewe briewe", na aanleiding van Franz Kafka se "Brief aan sy vader", dat sy die bestaan van klein Ginette erken en sodoende 'n familiegeheim openbaar. "L'autre fille" of "Die ander dogter" het ook in twee dramaproduksies in Frankryk gestalte gekry en is in Frans beskikbaar as 'n oudioboek wat deur die skryfster self voorgelees word. Woorde "wek" in meer as een opsig: hierdie is 'n teks wat 'n ses-jarige kind vir die lees daarvan (byna) uit die dood opwek.

"Want ek moes steeds sin maak van hierdie misterieuse teenstrydigheid: dat jy, die soet dogtertjie, die klein heilige, nie gered is nie; dat ek, die klein duiwel, lewendig was. Meer as net lewendig: genees deur 'n wonderwerk.
Dus moet dit so gebeur dat jy op sesjarige ouderdom sterf sodat ek gebore en gered kon word.

Om die verhaal van daardie verhaal te vertel, beteken dat dit wat 'n mens beleef het, nie meer in sagte fokus is nie, byna asof jy begin om 'n film te ontwikkel wat al sestig jaar in 'n kas bewaar word en waarvan daar nog nooit afdrukke gemaak is nie."

~ Vertaal deur Naòmi Morgan
Klein Beertjie bekommer hom
35,00 35,00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Wanneer Klein Beertjie bekommerd is oor sy maats, herinner Mamma Beer hom dat ons op God kan vertrou om vir ons te sorg, net soos Jesus gesê het in sy Bergpreek.

"Klein Beertjie bekommer hom" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer om op God te vertrou.
Klein Beertjie leer van gehoorsaamheid
35,00 35,00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Klein Beertjie dink dit is moeilik om gehoorsaam te wees. Pappa Beer vertel vir hom die Bybelstorie van Elisa en Naäman sodat hy sal leer dat gehoorsaamheid aan God makliker is as wat ons dink. En dit is maklik om te doen!

"Klein Beertjie leer van gehoorsaamheid" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer hoe belangrik gehoorsaamheid aan God is.
My Coloring Prayer Journal
90,00 90,00 90.0 ZAR
This guided coloring prayer journal invites you to a quiet place of prayer, reflection and calming coloring. Thoughtful prayer prompts accompany specially selected Scripture verses on prayer that have been designed for you to color.

The ample lined pages provide more than enough space to express your heartfelt prayers and thanksgiving to God.
Afrikanerkind Boerestories
200,00 200,00 200.0 ZAR
Ware verhale van dapper boerekinders.
Soos Dirkie Uys, Petrus Bezuidenhout, Aannatjie Vorster, Nellie en Fya Botha, Helena Lotrie, Jan Uys en ander.

Hierdie verhale vertel van die moed, vindingrykheid en uithouvermoë van Afrikanerkinders.
Elle-Reeks Omnibus 2
330,00 330,00 330.0 ZAR
In die volgende drie boeke in die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende heelwat avonture.

In "Rocksusters" kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys in die Vrystaat plaasvind nie. Die Musikanto is 'n splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers sal die skoolorkes genoeg geld moet insamel om in 'n ordentlike hotel te kan bly...

In "Duinebesies" moet Elle na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie opwindender as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met 'n paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer sal laat kyk.

In "Franse velgsel" gee die woord losloper vir Elle koue rillings... Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op 'n 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar reis na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar 'n uitruilstudent met stoute groen oë maak 'n onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
SSS-Reeks Omnibus 1
280,00 280,00 280.0 ZAR
Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef opwindende avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk 'n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad uittoets... en natuurlik 'n bietjie romanse!

Hierdie omnibus bevat die volgende stories:
"Selfone, skelms en sjokolade"
"SMS'e, skurke en spinnekoppe"
"Sepiesterre, sokkies en skobbejakke"
Op my planeet
330,00 330,00 330.0 ZAR
Welkom op 'n planeet propvol pret!

Jaco Jacobs se planeet is 'n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE IETS kan gebeur.
Daar kan wurms met tamatiesous op die spyskaart wees... of 'n walvis kan in jou sop beland.
Jy kan uitvind hoe 'n skoonheiskompetisie vir monsters werk... of ontdek jou boetie is 'n ruimtewese...
Jy kan jou troetel-dinosourus saam skool toe vat... of 'n luislang kan jou ouma insluk!

Hierdie reuse-rympieboek bevat van die geildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het. En daar is ook 'n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Perfek vir EISTEDDFODS of ure se SKATERLAG-LEKKERTE!
20 Hekeltegnieke
250,00 250,00 250.0 ZAR
"20 HEKELTEGNIEKE met kreatiewe projekte en moderne patrone" bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op 'n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. Gee jou kreatiwiteit vrye teuels met "20 HEKELTEGNIEKE"!
Bak dit self
350,00 350,00 350.0 ZAR
'n Nuwe baba in die familie is 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.

In hierdie boek wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie en dat eenvoudige voorwerpe, soos vars blomme of kleurryke lekkers en lint, net so goed werk soos ingewikkelde suikerkuns. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, genache te maak, koeklae egalig deur te sny em verskeie lae opmekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalrandkoeke ("naked cakes") en ombré-koeke word selfs vir die mees onervare bakker maklik gemaak.

Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, die alomgewilde rooifluweel- en wortelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Allerlei soorte versiersels en strope is ook ingesluit.

Danksy hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir dei bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke ("smash cakes") vir die baie belangrike nuwe klein mensie.

Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self!
Profesie-Bybel
350,00 350,00 350.0 ZAR
Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Die "Profesie-Bybel Nuwe Testament" is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - 'n eerste in Afrikaans!

Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer.

Profesie beslaan 'n groot gedeelte van die Bybel. Meer as 'n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees die geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steeds onvervulde beloftes en profesieë ook te vervul. Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is. God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling.

Die "Profesie-Bybel Nuwe Testament", 2020-vertaling plaas die fokus op die profetiese aard van die Bybel en die talle beloftes van God wat nog vervul moet word. Profesie moedig 'n heilige lewe aan, dit motiveer gelowiges om vir Christus te arbei en dit waarsku teen misleiding.

'n Studie van Bybelse profesieë het praktiese gevolge, dit oriënteer die leser aangaande die lewe, dood en opstanding, die toekoms anderkant die graf en waarheen God met Sy skepping op pad is.

Die "Profesie-Bybel" wil die leser se begrip oor Bybel profesieë aanwakker, ontwikkel en uitbrei. Hierdie Bybel is 'n uitstekende geskenk om aan ander te gee.
Stories vir die siel
300,00 300,00 300.0 ZAR
Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat skaterlag, dieper oor die lewe laat besin, en jou wegvoer na ander tye en plekke.

"Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale" is 'n unieke versameling van kortverhale saamgestel uit bydraes van bekende skrywers, asook verskeie debuutskrywers. Laasgenoemde het deelgeneem aan die LUCA kortverhaalkompetisie wat daarop geris was om aspirantskrywers blootstellings te gee.

Die resultaat is 'n verskeidenheid van uiteenlopende stories wat om geloof wentel met die doel om hoop en lig vir die leser te bring. In "Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale" skuur debuutskrywers skouers met gevestigde name soos dié van Maretha Maartens, Bettina Wyngaard, Jeanette Ferreira, Elsa Winckler, Stefaans Coetzee, Louise Viljoen, Elize Parker, Tertius Janse van Rensburg, Hannes Barnard, Jeanette Stals, Malene Breytenbach, Jaco Versfeld, Alexa Steyn en Lizelle von Wielligh.