Moer
220,00 220,00 220.0 ZAR
Kylie se reis karteer die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf. Die gyselaarsituasie van 'n ondraaglike huwelik: Om 'n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf. Dis ook die verhaal van die onwaarskynlike vriendskap tussen 'n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weermoed.
Elevation: The Rising Tide
205,00 205,00 205.0 ZAR
'Tempus fugit'.

Time is running out. General de Groot has seized control of Table Island City and the colony's food supply is low. Ebba tries to use her position as council member to her advantage as tensions grow on Greenhaven farm. But there are only three months left until the winter solstice, and all four amulets are still missing. It's up to her to find them in time or the world will be destroyed. And then there's Micah, the love of her life, who is spending far too much time with the gorgeous Samantha Lee while they co-lead the resistance. With nothing left to lose but his love, Ebba agrees to one final sacrifice.
Elevation: The Fiery Spiral
230,00 230,00 230.0 ZAR
I will find a way home.

Lost and betrayed, Ebba is swept up to the island of the gods. As a battle rages between the deities, she is charged with an impossible task: She must take the sacred necklace to the Earth Goddess, or all she loves will be destroyed.

Lucas yearns to be free, to explore the paradise he has always dreamed of. But soon he discovers that he is forced to share Ebba's fate.

In this exciting conclusion to the trilogy, Ebba battles to heal her heart... and with it, the world.
100 Dae van Vriendelikheid
235,00 235,00 235.0 ZAR
Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag.

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op 'n kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.
Jesus vir almal
235,00 235,00 235.0 ZAR
"Hierdie twee oortuigings - dat Jesus die Here is en dat die Bybel die Woord van God is - is die hoekstene van my geloof."

Neels Jackson, gerespekteerde kerkjoernalis vir byna 30 jaar, bespreek in dié boek wie Jesus is, en wat die implikasies van Jesus se liefde vir die gay-gesprek in die kerk is. Jackson ondersoek omstrede tekste in die Bybel en kyk na die konteks waarin hulle geskryf is, en na misverstande oor gay mense wat wyd in die kerk bestaan. Hy skryf ook weerloos en eerlik oor sy eie geloofstryd en die gevolgtrekking waartoe hy gekom het.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue
190,00 190,00 190.0 ZAR
Laat "Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue" jou hart instem op dit wat God vir jou beplan het.

Elkeen van die 366 oordenkings bied:
• 'n Versameling sleutelvrae oor relevante onderwerpe soos aanbidding, ewige lewe, genade, kinders en oorwinning in Christus.
• 'n Kragtige oordenking deur Norma Rossouw oor die onderwerp wat geestelike groei aanmoedig.

Die tematiese indeks maak die opspoor van enige onderwerp maklik en eenvoudig.
"Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue" sal jou elke dag inspireer op jou geloofsreis!
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir jong mans
190,00 190,00 190.0 ZAR
"Die sakpas-Bybel met oordenkings vir jong mans" is die ideale reisgenoot op jou lewensreis.

Elkeen van die
Family Fun
195,00 195,00 195.0 ZAR
There are so many fun and interesting things to do with your family in the city. This informative guide will inspire you to get out there and explore your urban surroundings with a fresh eye, taking in the exciting places we have discovered for your enjoyment. In these pages you will find great things to do with young and older children, as well as special treats for parents and grandparents. With this book in hand, you can experience your own city as a tourist. And if you're already a tourist, you'll find this book invaluable because it has been compiled by a local team who have made it their job to learn about the best family-friendly places in town.
My Eerste Afrika-avontuur
230,00 230,00 230.0 ZAR
Dié boek is 'n kind se eerste kennismaking met die magiese kontinent van Afrika.
Ouers en kinders word genooi om by een van die wêreld se grootste hedendaagse avonturiers, Riaan Manser, aan te sluit in sy verkenning van Afrika op 'n fiets!

In September 2003 ry Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad in 'n poging om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 bereik hy weer Kaapstad, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy oorspronklike boek "Around Africa on my bicycle" laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoosgte, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in Kaapstad aangekom.

Nou, vir die eerste keer, kan kinders hierdie wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geïllustreerde weergawe van die oorspronklike een herleef. Gevul met prettige feite en inligting sal "My Eerste Afrika-avontuur" jonk en oud vermaak vir nog baie jare.
Gebed vir elke geleentheid
230,00 230,00 230.0 ZAR
"Gebed vir elke geleentheid" bevat meer as 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Gebed maak dit moontlik om vrymoedig tot God te nader. Daar is tye wanneer ons graag ons harte na God wil wend, maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gedagtes en gevoelens aan die Here oor te dra nie.
In hierdie praktiese boek het Hennie Maartens meer as 100 hartsgebede saamgevoeg in 'n unieke bundel. Die leser kan riglyne vind vir gebed om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.
"Gebed vir elke geleentheid" is nie net die perfekte boek om 'n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos mense in die onderwys, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroepleiers en jeugleiers.
Vroue van die Bybel
190,00 190,00 190.0 ZAR
God se vroue van gister praat reguit met God se vroue van vandag.

Die vroue van die Bybel speel 'n integrale, wesenlike en beslissende rol in God se ewigheidsplan. Uit 'n hemelse oogpunt is vroue altyd uniek, weergaloos en onvervangbaar - hulle speel nooit 'n ondergeskikte rol in God se koninkryk nie. Soos hierdie Bybelstudie wys, demonstreer hierdie vroue van die Bybel vir ons die verhewe ideale van geloof en getrouheid, deugde en waardes, verstand en skoonheid, bevryding en vindingrykheid, diensbaarheid en opofferings.

Deur 'n indiepte-studie van elk van hierdie merkwaardige vroue van die Bybel sal jy ontdek dat God die hedendaagse vrou oproep om 'n betekenisvolle rol te speel in die gemeenskap, in die huis en in die kerk. Jy sal uit hulle foute leer en ontdek dat God se seëninge orovloedig is vir die vrou wat in alle omstandighede getrou op die Here vertrou.

In "Vroue van die Bybel" sal jy te staan kom voor vrae soos:
• Wanneer jy met kommer of probleme gekonfronteer word, kies jy die pad van bitterheid of die pad van gebrokenheid?
• Het jy geleer dat jy nie die verlede kan verander nie, maar die verlede well op die altaar kan plaas?
• Hou jy jou besig met dinge wat ewigheidswaarde het?
• Het jy al geleer dat ongeag die situasie waarin jy jou bevind, God groter is as die situasie?
• Behoort jou hart volkome aan die Here?
• Het God al die smeltkroes van teëspoed gebruik om jou karakter te vorm sodat dit soos suiwer goud blink?

In "Vroue van die Bybel" ontdek jy:
• Eva
Om God te volg nadat ons misluk het
• Sara
'n Gelowige vrou
• Mirjam
Vertrou op God met jou plek in die lewe
• Ragab
'n Nuwe begin met geloof
• Debora
Dis nie jou stryd nie, maar God s'n
• Rut
Om ons Verlosser te volg
• Hanna
Bring jou onvrugbaarheid na die Here
• Ester
Bruikbaar vir God waar Hy ons ook al plaas
• Die deugsame vrou
Lewenslesse uit Spreuke 31
• Maria en Marta
Sien wat ewig is
• Maria, die ma van Jesus
Die reis van 'n diensmaagd
• Die bruid van Christus
Lewe in die skoonheid van heiligheid
Rimpelings van die Sybille
200,00 200,00 200.0 ZAR
/ Luitenant Hubert Holland skryf in sy verslag van 15 Januarie 1901: "Ons dobber soos 'n speelgoedbootjie rond en hoë deinings breek telkens oor die dek." Skielik ruk die HMS Sybille tot stilstand en die geluid van skreeuende metaal is die finale sein dat die Sybille haar stryd teen die magtige Atlantiese Oseaan verloor het! /

Hierdie is Gert Sarrisam se eerste roman ná sy twee kortverhaalbundels "Vonke uit die koeroeklip" en "As murasies kon praat", waarin hy hom reeds as 'n storieverteller van formaat gevestig het. Die roman speel gedurende die Anglo-Boereoorlog af naby Lambertsbaai aan die Weskus. Die storie bring dei mense van die omte asook die pragtige, maar oonvoorspelbare Weskussee as 'n seeroete na die leser.

Die HMS Sybille is 'n Britse verkenningskip wat wapens en ammunisie vir die Engelse soldate voorsien. Dit strand onverwags in 'n storm suid van Lambertsbaai waar die knorrige Druk Burger woon. Sy seuns gaan oorlog toe en wanneer een sneuwel, begin Dirk se haat vir die Engelse sy normale denke oorheers. Hy stem saam met Emily Hobhouse en is fanaties daaoor dat dit 'n aaklige en sinlose oorlog is. Die Engelse is nie soos soldate wat teen hul eweknieë, die Boere, veg nie, maar hul lafhartigheid toon met wreedheid teenoor vrouens en kinders in konsentrasiekampe. Sy afksu van die "joiners" (lojaliste aan Britse magte) ken geen perke nie en hy haat hierdie volkverraaiers nog meer as die Engelse soldate!

Toe gebeur die onwaarskynlike. Dirk se witbroodjie en blouoogdogter raak verlief op 'n "dônnerse Engelsman", 'n Britse vlootingenieur, wat van Engeland gestuur is om te help met die aftakeling van die gestrande Sybille. Hier begin 'n aangrypende liefdesverhaal tussen Martjie en Harry. Martjie word gekonfronteer met 'n onbegryplike liefdesverhouding. Haar rou en besliste woorde aan haar ma is: "Moeder, ek sal eendag met Harry Blades trou, al sê julle ook wat... al jaag Vader my weg, ek sal nie van hom afsien nie en ek het hom lief!"

Wie gaan uiteindelik seëvier: Dirk se haat vir die Engelse of die liefde tussen twee jongmense van verskillende kulture en afkoms? Die storie tjam die leser deurgaans en sorg vir genotvolle leesplesier.
Hoeka se Dinge uit Toeka se Tyd
150,00 150,00 150.0 ZAR
Daai ding loop in jou bloed
180,00 180,00 180.0 ZAR
Gewapen met honderde vrae, kontaknommers, padkaarte, bandopnemers, kameras, nuuskierigheid en 'n opgewondenheid besluit twee vroue om die spoor van die Namas (afstammelinge van die Khoi-Khoi) vanaf Kaapstad tot in die Noord-Kaap te volg. Só betree hulle die onherbergsame wêreld waarin hierdie mense al honderde jare lank oorleef.

Hulle word met ope arms en ongekende gasvryheid verwelkom - hulle ervaar die Namafees in Steinkopf, leer die Namastapdans doen, ontmoet die "groot vroue" van die gemeenskap en leer meer van die Kooh-Rooh-Kooh-ontwikkelingsprojek.

Daar is min inligting beskikbaar oor die geskiedenis en omstandighede van die Nama en met vertellings en brokkies inligting kom dié mense se waardes en ware menswees na vore. Namawees het 'n diep spirituele betekenis vir hulle en die jongmense van hierdie wêreld is beslis: "Die Namakultuur is nie besig om uit te sterf nie. Hier is ons dan! Die kultuur leef voort in ons!" Hulle beaam "... as jy daai ding in jou bloed het..." weet jy wie jy is en waar jy vandaan kom.
Plunderwoestyn
240,00 240,00 240.0 ZAR
/ Jare lank is ek as natuurbewaarder aangesê om die natuur vir die mens te bewaar. Die mens moet daaruit voordeel trek en dit gee bestaansreg aan die natuur. Te hel daarmee. Genoeg is genoeg. Ek staan in diens van die natuur. As ek teen mense moet draai, dan is dit maar so. /

Namibië is bekend vir sy goeie bewaringspraktyke en is 'n gewilde toeristebestemming. In "Plunderwoestyn" word vertel hoe dit aan die verander is, en hoekom. Die verteller was dertig jaar lank wildbewaarder en safarigids in die Kaokoland en ander wildernisgebiede. Hy het meegewerk om die land toeganklik te maak vir toeriste en jagters. Hy het geglo in die natuurbewaringsprogramme wat van stapel gestuur is. Maar gedurende die afgelope tien jaar het dinge begin skeefloop. Hy moes sy geliefde werk as safarigids verruil om 'n stryd te voer teen renosterstropers, ivoorsmokkelary en die roekelose uitskiet van diere.
In hierdie moeilike tyd ontmoet die verteller egter ook sy grootste vennoot in die stryd teen stropers. Sy dra mokassins en het lang, donker hare wat by haar rug afhang...
Die lang pad terug
150,00 150,00 150.0 ZAR
'n Skatkis van staaltjies

Namakwaland is bekend vir sy blomme, maar dit het een kenmerk wat selfs meer kleurryk is: sy mense.

"Die lang pad terug" is 'n keur van staaltjies, vertellings en verhale ('storietjies' noem hy hulle) deur Springbok se bobaas-storieverteller, Arno van Zyl. Die stories is nie net skreeusnaaks nie, maar kostelik en lewensgetrou. Dit handel oor mense, die meeste daarvan Namakwalanders, se alledaagse doen en late - op die plaas, in die dorp, by die kerk, op die skoolbanke en selfs in die hof. Van die hemelhings-dominee tot die hakkelende Dirk leer die leser baie van die mense van nader ken.

"Die land pad terug" bied 'n stewige dosis lekkerlag-medisyne wat 'n mens opnuut waardering laat kry vir Suid-Afrika, maar veral vir Namakwaland en sy unieke mense.
Overkill
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ninety per cent of the world's megafauna has disappeared since humans migrated from Africa and fanned out across the world. Mammoths, mastodons, woolly rhinoceros and the huge carnivores that preyed upon them were soon extinct. The slaughter progressed across Eurasia, the Americas and, finally, the islands. Africa became the planet's last megafaunal sanctuary, its creatures having watched humankind and their weaponry evolve, and learned to avoid them.

But can Africa's megafauna survive
Die Hart het sy Redes
235,00 235,00 235.0 ZAR
/ Skinner? Dis 'n slordige veralgemening. Onse mense skinner nie; hulle práát. Die gepraat is meer soos bid, dit gebeur net op stoepe en in sitkamers in plaas van 'n kerk. /

Die liefde, en nie die rede nie, rig menselewens. Soms kom dit onwaarskynlik voor; ander kere woed dit soos 'n vuur voor 'n noordwestewind en verskroei alles in sy pad. Of dit liefde tussen mense, vir die omgewing of 'n voorwerp is, die wonderbaarlikheid daarvan staan sentraal en bring sy meelopers by 'n tuiste uit - soms met 'n traan, meesal met 'n lag en altyd met nuwe insig.
Beste Boerebraaie in Namibië
200,00 200,00 200.0 ZAR