Find Your Next Read at Springbok’s Favourite Bookshop

My Coloring Prayer Journal
90,00 90,00 90.0 ZAR
This guided coloring prayer journal invites you to a quiet place of prayer, reflection and calming coloring. Thoughtful prayer prompts accompany specially selected Scripture verses on prayer that have been designed for you to color.

The ample lined pages provide more than enough space to express your heartfelt prayers and thanksgiving to God.
Afrikanerkind Boerestories
200,00 200,00 200.0 ZAR
Ware verhale van dapper boerekinders.
Soos Dirkie Uys, Petrus Bezuidenhout, Aannatjie Vorster, Nellie en Fya Botha, Helena Lotrie, Jan Uys en ander.

Hierdie verhale vertel van die moed, vindingrykheid en uithouvermoë van Afrikanerkinders.
Elle-Reeks Omnibus 2
330,00 330,00 330.0 ZAR
In die volgende drie boeke in die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende heelwat avonture.

In "Rocksusters" kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys in die Vrystaat plaasvind nie. Die Musikanto is 'n splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers sal die skoolorkes genoeg geld moet insamel om in 'n ordentlike hotel te kan bly...

In "Duinebesies" moet Elle na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie opwindender as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met 'n paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer sal laat kyk.

In "Franse velgsel" gee die woord losloper vir Elle koue rillings... Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op 'n 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar reis na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar 'n uitruilstudent met stoute groen oë maak 'n onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
SSS-Reeks Omnibus 1
280,00 280,00 280.0 ZAR
Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef opwindende avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk 'n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad uittoets... en natuurlik 'n bietjie romanse!

Hierdie omnibus bevat die volgende stories:
"Selfone, skelms en sjokolade"
"SMS'e, skurke en spinnekoppe"
"Sepiesterre, sokkies en skobbejakke"
Op my planeet
330,00 330,00 330.0 ZAR
Welkom op 'n planeet propvol pret!

Jaco Jacobs se planeet is 'n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE IETS kan gebeur.
Daar kan wurms met tamatiesous op die spyskaart wees... of 'n walvis kan in jou sop beland.
Jy kan uitvind hoe 'n skoonheiskompetisie vir monsters werk... of ontdek jou boetie is 'n ruimtewese...
Jy kan jou troetel-dinosourus saam skool toe vat... of 'n luislang kan jou ouma insluk!

Hierdie reuse-rympieboek bevat van die geildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het. En daar is ook 'n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Perfek vir EISTEDDFODS of ure se SKATERLAG-LEKKERTE!
20 Hekeltegnieke
250,00 250,00 250.0 ZAR
"20 HEKELTEGNIEKE met kreatiewe projekte en moderne patrone" bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op 'n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. Gee jou kreatiwiteit vrye teuels met "20 HEKELTEGNIEKE"!
Bak dit self
350,00 350,00 350.0 ZAR
'n Nuwe baba in die familie is 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.

In hierdie boek wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie en dat eenvoudige voorwerpe, soos vars blomme of kleurryke lekkers en lint, net so goed werk soos ingewikkelde suikerkuns. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, genache te maak, koeklae egalig deur te sny em verskeie lae opmekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalrandkoeke ("naked cakes") en ombré-koeke word selfs vir die mees onervare bakker maklik gemaak.

Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, die alomgewilde rooifluweel- en wortelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Allerlei soorte versiersels en strope is ook ingesluit.

Danksy hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir dei bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke ("smash cakes") vir die baie belangrike nuwe klein mensie.

Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self!
Profesie-Bybel
350,00 350,00 350.0 ZAR
Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Die "Profesie-Bybel Nuwe Testament" is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - 'n eerste in Afrikaans!

Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer.

Profesie beslaan 'n groot gedeelte van die Bybel. Meer as 'n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees die geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steeds onvervulde beloftes en profesieë ook te vervul. Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is. God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling.

Die "Profesie-Bybel Nuwe Testament", 2020-vertaling plaas die fokus op die profetiese aard van die Bybel en die talle beloftes van God wat nog vervul moet word. Profesie moedig 'n heilige lewe aan, dit motiveer gelowiges om vir Christus te arbei en dit waarsku teen misleiding.

'n Studie van Bybelse profesieë het praktiese gevolge, dit oriënteer die leser aangaande die lewe, dood en opstanding, die toekoms anderkant die graf en waarheen God met Sy skepping op pad is.

Die "Profesie-Bybel" wil die leser se begrip oor Bybel profesieë aanwakker, ontwikkel en uitbrei. Hierdie Bybel is 'n uitstekende geskenk om aan ander te gee.
Stories vir die siel
300,00 300,00 300.0 ZAR
Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat skaterlag, dieper oor die lewe laat besin, en jou wegvoer na ander tye en plekke.

"Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale" is 'n unieke versameling van kortverhale saamgestel uit bydraes van bekende skrywers, asook verskeie debuutskrywers. Laasgenoemde het deelgeneem aan die LUCA kortverhaalkompetisie wat daarop geris was om aspirantskrywers blootstellings te gee.

Die resultaat is 'n verskeidenheid van uiteenlopende stories wat om geloof wentel met die doel om hoop en lig vir die leser te bring. In "Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale" skuur debuutskrywers skouers met gevestigde name soos dié van Maretha Maartens, Bettina Wyngaard, Jeanette Ferreira, Elsa Winckler, Stefaans Coetzee, Louise Viljoen, Elize Parker, Tertius Janse van Rensburg, Hannes Barnard, Jeanette Stals, Malene Breytenbach, Jaco Versfeld, Alexa Steyn en Lizelle von Wielligh.
Wat is jy, Kartoffel?
160,00 160,00 160.0 ZAR
"Wat is jy, Kartoffel?" wil al die diere op die strand weet.
Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie! Is hy dalk 'n... wollie... of 'n... waffel... of 'n woffel?

Gelukkig is die diere vriendelik. Maar toe daar 'n rooijakkals aan hom begin ruik, wens Kartoffel sy ma wil kom help met al die vrae...
Oor jou dooie liggaam
320,00 320,00 320.0 ZAR
Hoe kleiner die plek, hie groter sy geheime.

Lekespeurder, Ludo Labuschagne sit saam met 'n vriendin af na die Overberg. Nie lank nie, of mense verdwyn daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke...

Die spanning kring gou uit. Daar is aanvalle en afpersing, met dalk 'n bekende blik agter die gemoedelike plattelandse glimlag.

Kan die bose vastrapplek in so 'n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?
Die duiwel maak my hart so seer
320,00 320,00 320.0 ZAR
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie

Dis 1981 em die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte - maar het reeds met 'n kind se dood begin.

Dis 'n hartseer saak. 'n Saak van gebed. En dit is 'n saak vir Ludo Labuschagne, die antiheld (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag...
Wonderlike ware dierestories
220,00 220,00 220.0 ZAR
Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het.
Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete.
Ontmoet Max, die gorilla wat 'n skurk vasgetrek het.
En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wêreldoorlog geïnspireer het.

Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 stories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons geveerde en vierpotige vriende laat kyk.
Ben en die boelies
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die Koen-tweeling maak hom bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit bang hoef te wees as Jesus by hom is nie. Ben ontdek dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.
Bollie: Somervakansie
200,00 200,00 200.0 ZAR
Jippie, dit is somervakansie!
Wat gaan jy doen? Lekker in die see swem? Kamp en baie roomys eet?
Hierdie vakansieboek kan jy oral saam met jou neem.
Dit is propvol raaisels, stories en aktiwiteite!
Boeliebief: 7 snaakse stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Wat doen 'n mens met duisend blikkies boeliebief?
Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal?
Hoe lyk 'n verliefde volstruis?
Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang?

Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag!
Nagmusiek: 7 spokerige stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Is die grillerige stories oor Kamp Kiepersol waar?
Kan party katte spoke sien?
Wat doen die vreemde gedaante op stormnagte by Bitterwater se brug?
Kan dit spook in 'n pophuis?

Die sewe spokerige stories in hierdie boek sal jou lekker laat ril en gril!
Stophorlosie: 7 stories oor sport
100,00 100,00 100.0 ZAR
Kan 'n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red?
Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tyd vir soveel sportsoorte as moontlik?
Kan 'n klomp vrot perskes die begin van 'n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat sewe sportstories wat jou tone sal laat omkrul van lekkerkry!
Vroteier: 7 stink stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Kan 'n hond se stink talent die wêreld red?
Het jy al 'n stuk bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom?
Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland?
Sal jy 'n hele rugbyspan se vuil kouse was?

Hierdie boek bevat sewe stink stories. So, druk toe jou neus voor jy begin lees!
Wurmpastei: 7 slymerige stories
100,00 100,00 100.0 ZAR
Hoe voel dit om kaalvoet op 'n padda te trap?
Wat ruik erger as 'n vrot eier?
Hoe smaak 'n erdwurm-smoothie?
Wat moet jy doen as jou hond 'n duur geskenk insluk?

Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!