Find Your Next Read at Springbok’s Favourite Bookshop

Op die plaas: Karamel se bene bewe
120,00 120,00 120.0 ZAR
Karamel staan in die hoek van die skuur en bewe. Sy is bang vir die donderweer. Toe die ander diere erken dat die graas hulle ook bang maak, voel sy 'n bietjie beter. En toe dit ophou reën en die son vir 'n rukkie agter die wolke uitkom, waag sy dit om saam met haar maats buitentoe te gaan.
Hoe gaan sy reageer as dit weer begin reën?

Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.

"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Op die plaas: Tjoppie se hart is seer
120,00 120,00 120.0 ZAR
Tjoppie se hart is seer omdat die ander varke lelik was met hom. Sy maats help hom om weer beter te voel. Hulle besluit om die ander varke 'n les te leer, maar is 'n koei, 'n donkie, 'n vark en 'n hoender sterk genoeg om teen vier groot varke tou te trek en te wen?

Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.

"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Op die plaas: Flori tel tot tien
120,00 120,00 120.0 ZAR
Flori is kwaad en sy tel oor en oor tot by tien. Haar maats ken haar nie so nie. Hulle wil haar help om beter te voel, maar weet nie hoe nie. Toe stap hulle maar agter haar aan en tel saam met haar sover as wat hulle loop. Hoe lank gaan Flori kwaad bly?

Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.

"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Lea gaan skool toe
180,00 180,00 180.0 ZAR
Lea wil nie skool toe gaan nie. Skool maak haar bang en daar is nie maatjies wat met haar wil speel nie. Maar dan lees haar mamma vir haar uit die Kinderbybel dat sy nie bang hoef te wees nie, en dat Jesus baie lief is vir haar! Lea besluit om skool maar nog 'n kans te gee.

"Lea gaan skool toe" is geskryf deur Zuléka Smit, skrywer van die gewilde Ben-reeks wat die boeke "Ben gaan skool toe", "Ben en die groot toets" en "Ben en die boelies" insluit. Zuléka is 'n onderwyser en 'n mamma wat die hart van 'n kind verstaan.
Te poenankies vir woorde
130,00 130,00 130.0 ZAR
Tussen die lyne
140,00 140,00 140.0 ZAR
Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf?
Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee?
Kort jou opstelle 'n bietjie WOEMA?
Wel, hier is goeie nuus... Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie!

Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer JACO JACOBS kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel.
So, waarvoor wag jy nog? Maak jou potlood skerp en laat die pret begin!
Rondomtalie
220,00 220,00 220.0 ZAR
Weg
200,00 200,00 200.0 ZAR
Niekie verdwyn spoorloos. Kort nadat sy en haar kêrel baklei het...

Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers al voorheen die pad gevat sonder om enige iemand te sê.

Maar haar kêrek, Zack, is bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Sal sy sommer net wegbly uit die skool sonder om enige iemand te sê? Hoekom antwoord sy nie sy oproepe nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom?

Toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, wéét hy iets is verkeerd. Baie verkeerd. Niekie se verfkwaste staan nog net soos sy dit gelos het.

Zack is seker Niekie is ontvoer. En saam met hule vriende begin hy 'n spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei... voor dit te laat is.

'n Naelbyt-spanningsverhaal vir tieners wat jou tot op die laaste bladsy sal laat asem ophou.
Baster
240,00 240,00 240.0 ZAR
Terwyl Karel self vir Potlood begrawe, neem hy hom voor om nooit weer 'n hond te hê nie. Nooit, nooit, nooit weer nie. "Ek sal seker maak ek raak nooit weer lief vir 'n hond nie, want ek wil nooit weer voel wat ek vandag voel nie," sê hy vir sy meisie. Maar gerugte van honde-ontvoerings en wrede onwettige hondegevegte, laat sy pad kruis met 'n baster-foksterriër wat heeldag aan 'n paaltjie vasgemaak, moet oorleef. Van daardie oomblik raak Karel en Baster se lewens so verweef dat hulle eindelik saam uitvind dat die pyn wat hulle tot nou toe leer ken het, nie kan opweeg teen die pyn wat nog sou kom nie.
Vat die regte pad - Jesus s'n
260,00 260,00 260.0 ZAR
Vyf verlore vere
220,00 220,00 220.0 ZAR
Colette, 'n klein hennetjie, ontdek die gans, Viviane, se verlore veer tydens haar daaglikse uitstappie en besluit om dit te gaan teruggee. Kort daarna ontdek Viviane op haar beurt 'n verlore veer. Dit behoort sekerlik aan Gaston, die kalkoen, wat ook 'n veer verloor het.

Maar hoekom waai sulke mooi vere die wêreld vol?
Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op har verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends - haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos! Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle. Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los.

Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?
'n Klein bietjie magic
230,00 230,00 230.0 ZAR
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is...

Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. En nog minder toe sy uitvind hulle gaan vir vier weke na die piepklein, geïsoleerde kusdorpie McDougallsbaai in die Noord-Kaap. 'n Piepklein dorpie saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie...

Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug... En wie weet wat kan gebeur?
'n Hart is net Atome
230,00 230,00 230.0 ZAR
Poh die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar haar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se boksdrome nie.

Asof Poh en haar pa se konstante baleiery daaroor nie genoeg is nie, het sy nog 'n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net oë vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het 'n verskuilde agenda.

Die Ystervuis gaan haar handskoene vir 'n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam 'n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie...
Jock van die Bosveld
180,00 180,00 180.0 ZAR
Ontmoet 'n paar dapper en oulike diere van regoor die wêreld!

Verken die Bosveld saam met Jock, 'n dapper hond met die hart van 'n leeu!

Ontdek wat gebeur wanneer 'n donkie sy lyf ambulans hou.

En maak kennis met Gregory, 'n brilpikkewyn wat die geselskap van mense bo die van pikkewyne verkies het.
Vreesloos
230,00 230,00 230.0 ZAR
Vreesloos?

Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir 'n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy 'n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, meot Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit 'n vakansie in 'n pienk bikini wees, of verblyf in 'n tronksel in 'n oranje oorpak?
Op die plaas: Smiley verloor sy glimlag
120,00 120,00 120.0 ZAR
Smiley het sy glimlag verloor. Hy is nie vandag so vrolik soos ander dae nie. Sy maats help hom om na sy glimlag te soek, maar toe hulle dit nie kan kry nie, besluit hulle om maar liewer sokker te speel. Almal speel baie lekker saam, maar is dit genoeg om Smiley weer te laat glimlag?

Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.

"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Geological Journeys
480,00 480,00 480.0 ZAR