Asterix 24: in België
190.00 190.00 190.0 ZAR
Die Aardigste Kinders op Aarde
295.00 295.00 295.0 ZAR
Asseblief-blief-blief, 'n duisend assebliewe en dan nóg 'n asseblief...
MOENIE HIERDIE BOEK LEES NIE!
Die Aardigste Onnies op Aarde
295.00 295.00 295.0 ZAR
Geldwolfie
150.00 150.00 150.0 ZAR
Klein Beertjie nooi 'n nuwe maatjie
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Wanneer Klein Beertjie nie vir Stinkie Stink na sy partytjie wil nooi nie, leer Mamma Beer hom hoe Jesus 'n vriend was vir Saggeus.

"Klein Beertjie nooi 'n nuwe maatjie" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer hoe om God se liefde aan ander te betoon.
Klein Beertjie sing vir God
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Kom sing saam met Klein Beertjie en sing 'n lofsang vir God.

"Klein Beertjie sing vir God" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer hoe om God te loof.
Klein Beertjie sê vir God dankie
35.00 35.00 35.0 ZAR
Klein Beertjie is baie nuuskierig en hou daarvan om sy Bybel te lees en meer oor God te leer. Kom leer saam met hom van 'n man wat op 'n spesiale manier vir God dankie gesê het.

"Klein Beertjie sê vir God dankie" is die ideale manier om jou 3- tot 6-jarige te leer hoe om vir God te dankie te sê.
Die Aksie-Bybel: Dagstukke vir kinders
199.00 199.00 199.0 ZAR
90 DAGSTUKKE om die REGTE WÊRELD met GELOOF aan te durf.

Dis nie maklik om vandag 'n kind te wees nie. Die wêreld is 'n deurmekaar plek vol oneerlikheid, jaloesie, versoekings en boelies. Maar weet jy wat? Met God en sy Woord aan jou kant kan jy hierdie dinge hanteer! Elkeen van die 90 dagstukke in hierdie dagboek praat oor dinge wat jou en jou lewe raak soos woede, eerlikheid, hartseer en jou selfbeeld. Dit sal jou geloof in God sterker bou en jou help om met sekerheid en selfvertroue te leef.

Elke dagstuk help jou:
• Om te leer wat God se Woord sê met 'n vers uit die Bybel
• Om hierdie vers toe te pas in jou lewe
• Om te kyk hoe mense in die Bybel 'n soortgelyke situasie hanteer het
• Om daaroor na te dink sodat jy kan groei
• Om met God te praat deur te wys hoe jy kan begin bid
• Om dit wat jy leer met ander te deel

Kom ontdek hoe die raad in die Bybel vandag nog vir jou kan werk! God is elke dag by jou en Hy wil jou help om die uitdagings in jou lewe te hanteer. "Die Aksie-Bybel Dagstukker vir kinders" sal beslis 'n verskil in jou lewe maak!
Die Twaalf Klein Profete
179.00 179.00 179.0 ZAR
Wanneer laas het jy die boek Nahum gelees? Of dié van Miga? Of enige van die sogenaamde Klein Profete? Dink jy hierdie geskrifte van meer as 2 400 jaar gelede is nog relevant?

Elkeen van die Twaalf Klein Profete wys vir ons 'n stukkie van wie God werklik is - hoe sy hart is: sy heiligheid, sy deernis met gebrokenes, sy onvoorwaardelike liefde en bomenslike geduld met sondaarmense.

Temas wat in hierdie 16 weke lange Bybelstudie voorkom, sluit in:
• God praat deur verwoesting en voorspoed
• God se genade en ontferming is vir alle mense
• God gee uitkoms vir dié wat op Hom wag
• God volhard in sy liefde vir ons

Elke week se studie sal jou laat vra na die betekenis van die gelese gedeelte, wat dit sê van God en van mense, en hoe jy die beginsels kan uitleef in jou persoonlike situasie.
Diary of a Wimpy Kid #18: No Brainer
195.00 195.00 195.0 ZAR
Up until now, middle school hasn't exactly been a joyride for Greg Heffley. So when the town threatens to close the crumbling building, he's not too broken up about it.

But when Greg realizes this means he's going to be sent to a different school to his best friend, Rowley Jefferson, he changes his tune. Can Greg and his classmates save their school before it's shuttered for good? Or is this the start of a whole new chapter for Greg?
Field Guide to the Succulent Euphorbias of Southern Africa
590.00 590.00 590.0 ZAR
The "Field Guide to the Succulent Euphorbias of Southern Africa" by Alma Möller and Rolf Becker is a pioneer of publication on euphorbias in southern Africa. It is a beautifully illustrated, full-colour identification guide that makes it easy for the layperson as well as anybody interested in the flora of southern Africa to identify a particular species.

The "Field Guide to the Succulent Euphorbias of Southern Africa" contains:
• Introductory chapters containing general information about the species characters, how to identify an Euphorbia, growing euphorbias in cultivation, gardening with euphorbias, medicinal and other uses, herbaceous species and invaders.
• Detailed descriptions of 235 species, including emphasis on distinguishing features, habitat, distribution maps, conservation status, scientific and known common names, as well as notes on similar species.
• Similar looking species are grouped together in 18 species groups based on easily recognisable morphological characters. Group 19 contains previously undescribed species, and Group 20 contains species of uncertain status.
• More than 870 full-colour photographs and illustrations.
• Taxonomic classification.
• Glossary and index to scientific and common names.
Asterix 06: en Cleopatra
190.00 190.00 190.0 ZAR
Krok en Dil, v1b06: Kyk vir my!
45.00 45.00 45.0 ZAR
Kyk vir Dil!
Hy gly op die ys.
Kan Krok ook gly?

Lees is pret saam met Krok en Dil!
Dié prettige reeks is die perfekte wegspringplek om kidners lief te maak vir lees.

Vlak 1:
1. Krok in die bad
2. My pet is weg
3. Krok die kok
4. Ek is 'n vis
5. In die lug
6. Kyk vir my!
7. Waar is die maan?
8. By die see
9. Krok kan toor
10. Die suur sap
Holy Bible (NIV) Wildflower
279.00 279.00 279.0 ZAR
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika
120.00 120.00 120.0 ZAR
"Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika" bied 'n fassinerende blik op die gesteentes en minerale van die streek. Met behulp van volkleurfoto's, beknopte teksvensters en maklik leesbare teks, sal die beginner en outluikende geoloog die meer allgemene gesteentes en minerale in suider-Afrika kan verken, en meer te wete kom oor hul eienskappe, gebruike en verspreiding.
First Field Guide to Gemstones of Southern Africa
120.00 120.00 120.0 ZAR
"Sasol First Field Guide to Gemstones of Southern Africa" is a fascinating guide to the gemstones of the region. Full-colour photographs and easy-to-read text will help the beginner and budding naturalist to identify the more common gemstones that occur in southern Africa, discover where they are found, and learn about their unusual features.
Die Bybel (2020) hardeband
160.00 160.00 160.0 ZAR
Die Bybel (1983) sagteband
164.00 164.00 164.0 ZAR
Wilde Vere
320.00 320.00 320.0 ZAR
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos. Haar dobbelverslaafde man, niksnut van 'n seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.

Dan kom Evan terug ná 'n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger bruid van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is 'n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor.

Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan skoonma en skoondogter dít kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?
My Eerste Wilde Eiland Avontuur
230.00 230.00 230.0 ZAR
In Julie 2009 het Riaan Manser die wêreld verstom met nog 'n rekordbrekende prestasie - die eerste persoon wat die vierde grootste eiland ter wêreld, MADAGASKAR, met 'n kayak omseil het!

Hierdie epiese reis van 5 000 km het hom 11 maande geneem en was vol uitdagings, fisies en geestelik. Hy het uiterste eensaamheid deurstaan te midde van gevaarlike beproewinge soos donderende golwe, verwoestende siklone en 'n brandende son wat hom amper lewendig gepekel het, saam met die soutwater.
Ontdek die asemrowende ontmoetings met Madagaskar se seelewe terwyl Riaan die eiland omseil het - boggelrugwalvisse wat meters van sy kayak af opspring, resuagtige leerrugskilpaaie wat saam met hom swem, en selfs 'n haai wat sy boot gestamp het.
Tussen die ontstuimige politieke onrus in Madagaskar deur, het Riaan dapper gereis en sy avontuur het hom selfs in die tronk laat beland - vyf keer om presies te wees. Sy moed en volharding is egter beloon toe hy in April 2010 erkenning ontvang het as die "Adventurer of the Year 2009".